Predikant
Hul eersteling, Nikla, is op 27 Augustus 2005 gebore en 7 jaar later op 26 November 2012, hul dogter, Janique. Oor sy bediening hier in Natal, skryf Ds. Nikla soos volg:
- Die kombinasie bediening sal ons altyd bybly: dit het beteken dat ek twee dae in die week GK Glencoe bedien en dan die ander twee dae in die week GK Ladysmith.
- Elke Sondag was daar ‘n 8-uur en ‘n 10-uur diens by die gemeentes
- Die warmte van die gemeentes het opgemaak vir die koue 8-uur oggenddienste.
- Die wonderlike natuurskoon en die berge het die baie reis tussen die gemeentes aansienlik aangenamer gemaak. Ons dink veral nog met mooi herinneringe terug aan ons vormingsjare binne díé gemeentes.
In Julie 2007 aanvaar hy onder die leiding van die Heilige Gees die beroep na Gereformeerde Kerk Postmasburg in die warm, maar tog mooie Noord-Kaap waaroor hy soos volg opmerk:
- Ons bediening in Postmasburg het ook met wye afstande en slegte paaie gepaard gegaan, maar die lidmate en omgewing het daarvoor opgemaak.
- Ons ervaar hoe die stil dorpie, vol Doppergeskiedenis, groei en ontplof met die nuwe myn wat net buite Postmasburg begin het. Dit het ook `n groei vir ons gemeente beteken.
- Die jaarlikse kermis was en bly vir ons ‘n hoogtepunt van samewerking binne die gemeente tot opbou en uitbou van God se Koninkryk.
- Dit was ook waarlik vir my ‘n voorreg om ‘n Tswana Gereformeerde gemeente, buite Postmasburg – die GerefomeerdeKerk Groenwater – te bedien. Voor my vertrek na GK Worcester, was ons as gemeente besig om vir GK Groenwater ‘n kerkgebou te bou. Met die hulp en deursettingsvermoë van lidmate is die kerkgebou voltooi na my vertrek.
Ds. Nikla aanvaar in 2014 die beroep na Gereformeerde Kerk Worcester. Oor die opvolging van sy roeping na Worcester, skryf hy soos volg: onder leiding van die Heilige Gees aanvaar ons die beroep na GK Worcester in ‘n omgewing waar alles omring is met berge aan alle kante wat mens dadelik herinner aan Psalm 125. Hy sien sy bediening soos volg:
- Sy bediening in Worcester is uniek deurdat siggestremde lidmate bedien word: dit sluit ook wyer bediening van dowe en multi-gestremde kinders en volwassenes in. Die gemeente is aktief betrokke by hierdie skole en instansies.
- Ds Nikla en sy gesin ervaar dat Worcester gemeente en gemeenskap vol liefde en deernis vir hulle medemens is.
- Ds Nikla en sy gesin is dankbaar vir die mooi liefde en sorg van die lidmate, waarvan heelwat lidmate wydverspreid is in al vier windrigtings rondom Worcester. Die Du Plessis-gesin is baie lief vir die natuur en buite-lewe en gryp geleenthede aan om tyd as gesin in die buitelug te spandeer. Jacky is ‘n Gr.R-juffrou by Worcester Primêr en geniet die kleintjies baie.

“Ons as gesin dank die Here vir meer as 20 jaar in die bediening, vir al sy genade, trou, sorg en liefde wat ons daagliks kan ervaar. Ons dank Hom ook vir al die gemeente en lidmate wat deel was van ons groei en met wie ons tye van voorspoed en teëspoed kon deel. Ons bid dat God ons toekoms net so sal seën soos ons verlede.”