Administrasie

Verskeie kommissies, elk met ‘n spesifeke doel, werk saam om die administrasie van die gemeente vlot te laat verloop.

Admin

Kommissie is verantwoordelik vir die administrasie rondom gemeentelede. Hierdie kommissie sorg ook vir die saamstel en uitgee van die gemeentelys en jaarprogram.

Finansies

Kommissie monitor en bestuur die finansies van die gemeente deur maandeliks die finansies te kontroleer en aanbevelings aan die kerkraad te maak oor finansiële sake.

Prediker 4: 9-10
Twee is beter as een, omdat daar vir hulle ‘n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar ‘n tweede is om hom op te help!

Instandhouding

Kommissie bestuur die instandhouding van die kerk se eiendomme deur gereeld inspeksie te doen en defekte so spoedig moontlik te rapporteer aan die kerkraad vir goedkeuring van kwotasies vir die herstelwerk.

Katkisasie

Kommissie reël en organiseer formele katkisasie en geestelike onderrig na die erediens en in die week deur seker te maak daar is die nodige kategete en onderrig materiaal. Ook monitor en doen hulle verslag aan die kerkraad oor die katkisasie binne die gemeente.

Sustersbestuur

Bestuur van die susters, reël en organiseer samekomste, vergaderings en uitstappies vir die susters van die gemeente en het ten doel dat die susters daardeur opgebou en verryk word tot eer van God en Sy Koninkryk.

Matriek en Naskoolse Jeug

Kommissie het ten doel om die jonger lidmate van die gemeente te bedien deur bymekaar te kom en geestelike materiaal te bestudeer, maar ook om op sosiale vlak mekaar beter te leer ken en saam te groei binne God se kerk.

Nuwe Intrekkers / Verjarendes

Kommissie reël die funksies vir verjarendes en nuwe intrekkers een maal per kwartaal deur die konsistorie gereed te kry voor Sondag se funksies en deur die nuwe intrekkers te verwelkom.

Efesiërs 4: 3
Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

Fondsinsameling

Kommissie bestuur die fondsinsamelingsprojekte van die gemeente deur te kontroleer dat sameroepers van fondsinsamelingsprojekte jaarliks hulle fondsinsamelings reël en afhandel tot versterking van die kerkkas.
Verskeie spesifieke kommissies soos Markdag, Gholfdag en Vleisprojek is ook werksaam in die gemeente.

Kerkgroei / Bediening na buite

Kommissie is betrokke by die gemeente se uitreikprojekte of bediening na buite soos ouetehuise (Andries Hamman, Hooggelegen), evangelisasie aan huis- en tuinwerkers en aan kinderinstansies soos Saamstaan (De la Bat), siggestremde kinders (Pionier) en multi-gestremde kinders (Sean Kelly).

Kollektes: Blindes en Dowes

Kommissie organiseer die spesiale kollekte van die Streek Sinode met die gemeentes binne ons Streek Sinode grense vir ons blindes en dowes, sodat hierdie fondse aangewend kan word tot bediening vir hierdie lidmate.

Korrespondensie

Kommissie hanteer al die skrywes en korrespondensie vanuit die gemeente en buite die gemeente en doen verslag oor hulle aanbevelings oor skrywes aan die kerkraad vir besluitneming.

Vooraf sang

Kommissie maak seker dat lidmate in regte stemming kom vir hulle ontmoeting met die Here, ook bevorder hulle die sang tydens die erediens en maak seker dat die sang tot eer van God is.

Lees

Kommissie reël en organiseer die leesdienste in die tyd wat die predikant met verlof is of tydens sy afnaweke of langverlof.

Galasiërs 6: 2
Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.

Sosiaal

Kommissie bestuur die gemeentekamp en sosiale projekte soos tema-aande van die gemeente deur dit te adverteer, reël en koordineer.

Uitsaai en Bord

Kommissie reël en organiseer die elektronika soos die aanbieding op die bord en lewendige uitsendings tydens Sondae se eredienste, sodat die elektronika tot eer van God gebruik kan word en tot opbou van die Koninkryk.

Kerk/Woonstel verhuur

Kommissie hanteer die verhuring van die kerk se woonstel, die sake rakende die verhuring en maak aanbevelings aan die kerkraad oor die woonstel en huurders, sodat die kerkraad ingeligte besluite kan neem.