Ouderlinge
Ouderlinge is verantwoordelik om na lidmate om te sien en geestelik te versorg. Huisbesoek word gereeld gedoen waar ouderlinge met lidmate gesprek voer oor hulle geestelike welsyn, huislike en gesinsomstandighede. Indien nodig word probleme verder opgevolg en hanteer.
Ouderlinge vergader vier keer per jaar waar verslag oor elke lidmaat / gesin gedoen word.
Verantwoordelikhede
Hulle moet toesien dat alles in die kerk behoorlik volgens goeie orde plaasvind.
Hulle moet sorgvuldig let op die leer en lewe van elke lidmaat en alle Christene met raad en troos ondersteun.
Hulle moet veral oor die leer en lewe van die bedienaar van die Woord toesig hou.
Hulle moet ook die afvalliges en heidene tot bekering en geloof in Jesus Christus roep.
1 Timoteus 3:1-7
Die ouderlinge van die gemeente
(1) Dit is ‘n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy ‘n voortreflike werk.
(2) ‘n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig;
(3) hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie.
(4) Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen.
(5) Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem?
(6) Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.
(7) Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ‘n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ‘n strik van die duiwel val nie.
Titus 1:6-9
(6) ‘n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie.
(7) ‘n Ouderling is immers ‘n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie ‘n dronkaard of ‘n rusiemaker of ‘n soeker na oneerlike wins nie.
(8) Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers.
(9) Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.