Skakel In
Soms gebeur dit egter dat een van die stukkies beskadig word of nie seker is waar hy/sy inpas nie. Ander kere is daar nuwe stukkies wat inkom om die legkaart nader aan voltooiing te bring. Dis noodsaaklik dat die legkaartstukkies bymekaar aansluit en inskakel.
Ons Hemelse Vader is die hoofbouer van ons gemeente-legkaart, maar Hy gebruik ook mense om te help bou. Hulle is nie net ‘n legkaartstukkie nie, maar bied leiding om die legkaart te voltooi.
Deur in te skakel en jou talente uit te leef, help jy ook met hierdie taak.
Romeine 12: 4 – 5
Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.

Bybelstudies
Die Bybelstudies vind weekliks op Woensdagoggende om 9:15 by die kerkgebou plaas.
Ons Bybelstudies se inhoud word gewissel tussen drie hoofgedagtes:
- Formele Bybelstudie van ‘n boek in die Bybel of ‘n gedeelte van die Bybel
- Besprekings oor ‘n spesifieke saak of onderwerp vanuit die Bybel; of ‘n aktuele saak waaroor baie lidmate vrae het, wat dan vanuit die Skrif toegelig en bespreek word
- Visuele Bybelstudie deur na ‘n DVD of video te kyk oor sekere sake en dit dan vanuit die Skrif te beoordeel en te bespreek
Susters
Die vroue is die gemeente se hartklop. Met deernis en liefde gee hulle om vir hulle medegelowiges en verleen ondersteuning waar dit nodig is.
Verder is hulle betrokke by die gemeentebyeenkomste met reëlings en kosmaak.
Katkisasie
Sondagoggende na afloop van die erediens vind die katkisasie plaas. Katkisante werk deur die boekies wat deur GKSA versprei word.
Kategete, katkisante en hul ouers begin die jaar se bedrywighede met ‘n gesellige braai, swem en speletjies om mekaar beter te leer ken.
Daar is ook verskeie speletjiesmiddae en uitreike gedurende die jaar.

Matriek en Jong werkendes
Die Matrieks en jong werkende lidmate en studente van die gemeente is ‘n groep lidmate wat van tyd tot tyd bymekaarkom vir gesellighede.
So moedig hulle mekaar aan om lewende jongmense binne die gemeente te wees.